Klankgreep: “Kurt meer kreatief ná ongeluk”

Kurt en Dunay Darren. Foto: JacarandaFM

Kurt Darren het nog pyn weens die 11 gebreekte ribbe wat hy tydens ʼn onlangse ernstige ongeluk opgedoen het, maar met sy brein en liedjieskryfvermoëns is daar niks verkeerd nie.

Kurt het Dinsdag op JacarandaFM se Complimentary Breakfast Show verskyn en hy is ʼn uur lank gegun om met ʼn liedjie vorendag te kom. Sy vrou Dunay het onlangs aan die media gesê Kurt sukkel om in die bed te bly ná die ongeluk en dat hy meer kreatief is en hard werk om liedjies te skryf.

Hy is ʼn uur lank gegun om ʼn liedjie te skryf uit woorde wat luisteraars per SMS na die stasie toe gestuur het. “Fracking” was die tema en hy moes ook die volgende woorde in die liedjie gebruik: “Complimentary Breakfast”, “Quantum Physics” en “Skurwe Hakskene”.

Kurt het die afgelope naweek by die eerste Nelson Mandela Sport- en Kultuurdag opgetree. Hy hou vandeesmaand nog twee optredes, waarna hy in September en Oktober gaan rus, en beplan dan om in November weer volstoom met sy vertonings voort te gaan.

Klik op die onderstaande klankgreep te hoor wat Kurt vermag het.

[soundcloud url=”http://api.soundcloud.com/tracks/106284910″ width=”100%” height=”166″ iframe=”true” /]

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.