Klant doodgeskiet tydens rooftog by Builders Warehouse

ʼn Klant is Woensdagoggend by die Builders Warehouse in Sunninghill in Sandton doodgeskiet na vier mans die winkel probeer beroof het.

ʼn Polisiewoordvoerder, kapt. Kym Cloete, sê die skitery het omstreeks 6:20 Woensdagoggend plaasgevind. “Werknemers en veiligheidswagte was besig om die winkel oop te sluit toe hulle deur ʼn verdagte genader is wat ʼn veiligheidswaguniform aangehad het.” Cloete sê hulle het hom ingelaat aangesien hy ʼn uniform aangehad het. Hy het hulle met ʼn vuurwapen gedreig en nog drie verdagtes het by hom aangesluit. “Hulle het aangedring op kontant en toe een van die werknemers nie daarin kon slaag om die kluis oop te sluit nie, is hy aangerand.” Cloete sê twee klante het intussen by die winkel opgedaag. Een van die klante is deur die rowers geskiet voor hulle weggehardloop het. Die man is op die toneel dood. Die polisie ondersoek die saak. Volgens berigte is een van die vermeende rowers in hegtenis geneem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.