Klassifiseer koperdiefstal as ernstige misdaad vra minister

Die minister van energie, Dipuo Peters. Foto: GCIS

Die minister van energie, Dipuo Peters, het versoek dat koperdiefstal as ekonomiese sabotering geklassifiseer word.

Peters sê haar departement het ʼn brief geskryf aan die minister van justisie, Jeff Radebe, en gevra dat wetgewing sodoende gewysig word om koperdiefstal as ʼn ernstige misdaad te klassifiseer. Peters sê iemand wat koper steel is ʼn “moordenaar, ʼn dief en ʼn saboteur”. Peters sê koperdiefstal is ekonomiese sabotasie aangesien dit ʼn invloed het op energie, vervoer en telekommunikasie. Peters se uitlatings kom nadat koperdiefstal veroorsaak het dat die Gautrein vir die tweede keer in twee weke nie tussen Hatfield en Centurion in Pretoria geloop het nie. Die departement van energie se direkteur-generaal, Ompi Aphane, sê koperdiefstal het die land verlede jaar nagenoeg R100 miljoen uit die sak gejaag maar dat die indirekte koste op die ekonomie veel hoër was.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.