Kleinhans “gereed vir sy straf”

Johannes Kleinhans

Johannes Kleinhans (74) wat daarvan beskuldig word dat hy drie jong meisies seksueel mishandel het, is glo gereed om sy straf te ontvang.

“My kliënt is gereed om gestraf te word, maar slegs vir dit wat hy verkeerd gedoen het, nie die aanranding, wat hy steeds ontken, nie,” het Johannes Grobler, Kleinhans se prokureur, Dinsdag in die streekshof in Parow gesê. Kleinhans staar 95 aanklagte in die gesig, insluitend onsedelike en seksuele aanranding op die drie meisies, die besit van kinderpornografie en die neem van pornografiese foto’s van die meisies.

Kleinhans het aanvanklik skuldig gepleit op die aanklagte, maar later onskuldig gepleit, aangesien hy in sy getuienis beweer het dat hy die meisies vir sy verknorsing blameer.

Aanklaer Herculine Swart het die hof aangemoedig om Kleinhans op alle aanklagte skuldig te bevind. Die foto’s wat hy glo van die meisies geneem het is “nie net pornografies nie, maar eksplisiet”, het sy gesê. Swart het beskryf hoe Kleinhans sy slagoffers, wat uit arm huisgesinne kom, “gereed gekry” het om hom as ‘n vaderfiguur te beskou deur vir hulle geld, kos en klere te gee. Die meisies en hul gesinne het glo Kleinhans “Oom Ian” genoem.

Volgens Swart het Kleinhans ‘n huis in Parow in ‘n privaat gimnasium omskep waarvan net die meisies geweet het. Hy het glo oefenapparaat, kondome, seksspeelgoed en alkohol in die huis gehou.

Swart het die hof verder versoek om die dogters se getuienis as eerlik en betroubaar te aanvaar. Dit het haar glo twee jaar geneem om die getraumatiseerde meisies te kry om te getuig en hulle het geen rede om te jok nie. “Die beskuldigde het egter skuld erken op talle van die aanklagte, maar die meisies blameer om homself onskuldig te laat voorkom,” het Swart gesê.

Uitspraak sal op 13 November gelewer word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.