Kleinkinders kom op oupa se bebloede liggaam af

crime-scene-tape-320x191John van Staden (84) se twee jong kleinkinders het op hul oupa se bebloede liggaam afgekom nadat hy vermoedelik in sy huis in Touwsrivier in die Wes-Kaap deur ʼn rower vermoor is.

“Ons kan bevestig dat die bejaarde Sondag omstreeks 06:20 deur sy kleinkinders by sy huis in Disastraat gevind is.” het kapt. FC van Wyk, ʼn provinsiale polisiewoordvoerder, Woensdag aan Maroela Media gesê.

ʼn Bron het aan Maroela Media gesê die kleinkinders is onderskeidelik sewe en ongeveer vier jaar oud. “Hulle het geslaap toe hul oupa omstreeks 03:00 die oggend vermoor is,” het die bron gesê. Die ouma was in Worcester toe die voorval plaasgevind het. Maroela se bron het gesê Touwsrivier was eens ʼn rustige plattelandse Karoodorp. Die kinders en die slagoffer se vrou ontvang traumabehandeling.

“Voorlopige ondersoek toon dat daar geen forseerde toegang tot die huis was nie,” het Van Wyk gesê. Hy sê die omstandighede rondom die moord word nog ondersoek. “’n Geregtelike doodsondersoek word uitgevoer as deel van die ondersoek.”

Van Wyk het gesê verdere ondersoek het gelei tot die inhegtenisname van ʼn 30-jarge verdagte. Die man moet Donderdag in die Touwsrivier-landdroshof verskyn.

Die polisie het enigiemand met meer inligting oor die voorval versoek om Crime Stop by 08600 10111 te skakel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Gerida ·

Die weerlose ou mense wat vir ons baklei het word vermoor en wat doen ons vandag om hulle lewe te beskerm?! Wanneer gaan ons iets doen? Optogte help nie want die regering steur hulle nie aan ons nie. ASB kom ons doen iets en hou op wag vir ons beurt, ons is dit aan ons bejaardes en kinders verskuldig!!

SANET ·

EK STEM SAAM, HIERDIE IS DIE MENSE WAT BAKLEI HET VIR ONS OM ‘N BETER LEWE TE HE, MAAR IN EEN MINUUT WORD HULLE LEWENS WEGGEVAT OMDAT ONS TE SLAPGAT GERAAK HET OM BY TE KOM. DIT IS TYD DAT ONS BYKOM EN BEGIN OPSTAAN VIR ONS AS NASIE, VOLK, VIR ONS KINDERS, VIR ONS OUMAS, OUPAS, MAS EN PAS. HIERDIE IS OOK ONS LAND EN ONS HET NET SOVEEL REG SOOS DIE RES VAN DIE ANDER MENSE, HOU OP BANG WEES, EN KOM ONS BAKLEI TERUG VOOR DIT TE LAAT IS.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.