Kleinsake-georiënteerde begroting sal ekonomie laat groei

Minister Pravin Gordhan tydens verlede jaar se begrotingtoespraak. Foto: GCIS

Minister Pravin Gordhan tydens verlede jaar se begrotingtoespraak. Foto: GCIS

Die enigste oplossing vir Suid Afrika se ekonomiese, maatskaplike en politieke uitdagings is ekonomiese groei. Volgens AfriSake se uitvoerende hoof, Cornelius Jansen van Rensburg, kan ekonomiese groei nie plaasvind indien daar nie ’n drastiese toename in die getal lewensvatbare sakeondernemings is nie. Daarom behoort die staatsbegroting groter klem te lê op die toekoms en groei van die medium-grootte en kleinsakesektor.

AfriSake sal vandag die begrotingstoespraak van min. Pravin Gordhan fynkam ten einde te bepaal hoe kleinsake-vriendelik die regering is. Ten einde hierdie kleinsake-vriendelikheid te bereik, sal daar op ten minste die volgende gefokus moet word:

  1. ‘n Plan van aksie om die groeiende vlakke van staatskuld om te keer.
  2. Maniere vir die staat om groeiende inflasiedruk te bestuur.
  3. Strenger meganismes om korrupsie in die staatsdiens te bekamp.
  4. Groter steun vir die vestiging van nuwe ondernemings – wat nie op ras gebaseer is nie.
  5. Beleidsveranderinge rakende die toekenning van rasgebaseerde regeringstenders ten einde mededinging te verhoog, kostes ten opsigte van staatskontrakte te verlaag en uiteindelik tot laer belastings te lei.

Indien daar deeglik aan hierdie fokuspunte aandag gegee word, sal dit ’n eerste stap van die regering wees om Suid-Afrika se armoede en werkloosheid te hanteer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.