Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die moord op Babs Roos, wie se liggaam Vrydag in haar huis in Klerksdorp opgespoor is nie.
Kol. Sabata Mokwabone, ʼn polisiewoordvoerder van Noordwes, het Maandag gesê haar haar erg ontbinde liggaam is sowat twee weke nadat sy in haar huis oorval en vermoor is, opgespoor. Roos was vermoedelik in die ouderdom van 100 toe sy vermoor is.
“Haar liggaam is in haar huis se kombuis aangetref. Sy was met ʼn gordyntou om haar voete, arms en nek vasgebind,” het Mokwabone gesê. Roos het glo op haar eie gebly en haar bure het haar twee weke gelede vir die laaste keer gesien.
“Die vrou se huis is geplunder, maar dit is nog nie seker wat alles vermis word nie. Ons weet wel haar Mazda-voertuig word vermis. Dit is nog nie bekend wat die voertuig se registrasienommer is nie,” het Mokwabone gesê.
Die polisie versoek enigiemand met inligting om met hulle by 018 464 5079/80/69 in verbinding te tree. Die publiek kan ook Crime Stop by 08600 10111 skakel. Anonieme wenke kan deurgegee word.
Dit is absoluut skokkend!! Het sy GEEN familie gehad nie? Geen vriende nie. Die bure sien haar vir twee weke nie en niemand stel ondersoek in nie. ‘n Ouvrou van amper 100 en geen mens wat omgee nie. Wat ‘n vreeslike tragedie! Dit is absoluut hartbrekend. ‘n Vrou van amper 100 jaar, bly alleen en niemand wat omsien na haar nie. Ek kan en kan dit net nie verstaan nie.