Klerksdorp lugskou-ongeluk: Vlieënier se naam bekend

Foto aan OFM verskaf deur Maritza Durandt

Die vlieënier wat Saterdagoggend in ʼn tragiese ongeluk by die lugskou in Klerksdorp gesterf het, se naam is bekend gemaak.

Gianfranco Cicogna, die vlieënier, het glo uit die formasie en reguit in die grond in gevlieg terwyl hy ʼn akrobatiese toertjie wou uitvoer. “Die vliegtuig, ʼn L-39 Albatross, wat in privaatbesit was, het onmiddellik ontplof,” het Brian Eminess, ʼn kommentator by die lugskou, gesê. Cicogna, met vliegondervinding in Afrika en Europa, is op slag dood.

Die Suid-Afrikaanse Burgelike Lugvaartowerheid sal die voorval verder ondersoek.

Voorbeeld van die L-39 Albatross-vliegtuig

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.