Klerksdorp-man met ‘n mes doodgesteek

Argieffoto

‘n 27-jarige man is Sondagaand in Klerksdorp in Noordwes met ‘n mes doodgesteek.

“Die oorledene en die verdagte het Sondag in ‘n argument betrokke geraak toe die verdagte glo ‘n mes geneem en die slagoffer in die bors gesteek het,” het kapt. Amanda Funani, woordvoerder van die polisie in Noordwes, gesê. ‘n 27-jarige man is in verband met die moord in hegtenis geneem. “Die verdagte is ook tydens die beweerde voorval beseer, en is onder polisiebegeleiding in ‘n plaaslike hospitaal opgeneem.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.