Foto’s: Kletsrymer vas ná hy met gewere op Instagram spog

ʼn Amerikaanse kletsrymer wat sowat ʼn jaar gelede op die sosiale platform, Instagram, met sy wapenversameling gespog het, het daartoe gelei het dat die New Yorkse polisie onlangs tydens een operasie beslag gelê het op die meeste wapens in sy geskiedenis.

Pulseradio.net het Donderdag berig die kletsrymer, Nenobest, het onder andere ʼn foto van ʼn vuurwapen op Instagram gelaai en daarby geskryf, “This old a** gun lol a hundred years old lol” [Hierdie ou geweer is ʼn honderd jaar oud, *lag te lekker].

Nenobest word beskryf as ʼn C-klas-kletsrymer. Sy regte naam is Matthew Best. Hy is 26 jaar oud en van Brooklyn afkomstig. Dit wil voorkom of Neno Best vir ʼn geruime tyd besig was met ongerymdhede op die swartmark en het selfs ʼn foto van die geld wat hy uit sy transaksies gemaak het op Instagram geplaas.

“Hy was so beïndruk met die buit wat hy gemaak het, dat hy daarmee op Instagram gespog het om te wys hoe ‘gangsta’ hy regtig is,” berig Pulseradio.net. “Min het hy geweet dat hy hierdeur homself in die kollig geplaas het vir die grootse beslaglegging van vuurwapens deur die New York-polisie ooit.”

Volgens polisiebeamptes het Best glo vuurwapens vanuit sy ateljee gesmokkel. Nadat hy die foto’s sowat ʼn jaar gelede op Instagram gelaai het, het die polisie met ʼn in diepte ondersoek begin. Hulle het ʼn grootskaalse vuurwapen-sindikaat ontbloot wat regoor die kus van Amerika doenig is. Die polisie het beslag gelê op altesaam 264 vuurwapens, waaronder nege pistole en twee haelgewere. Sy inhegtenisname het tot die inhegtenisnemings van 18 ander mense gelei.

Onder volg is ʼn musiekvideo van Neno Best wat op YouTube gelaai is.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

InaT ·

hahahaha slimkind. Kyk wat kom van ‘brag’. Jou gat in die tronk, die polisie hou jou vir altyd dop, en jy’s jou geld kwyt.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.