Kleuter glo in polisiesel vermoor in Namibië

jail_barsʼn Vierjarige seuntjie is glo so erg deur ʼn vroulike gevangene aangerand in ʼn aanhoudingsel by ʼn polisiestasie in Namibië dat hy later in ʼn hospitaal oorlede is, berig die Republikein.

Volgens die berig het Lovisa Kahimbo (30) Vrydag in die Katutura-landdroshof verskyn op aanklag van moord. Sy het die seuntjie glo Donderdag in die Wanaheda-polisiekantoor se aanhoudingselle aangerand nadat die seuntjie se ma glo haar koffiebeker gebruik het. Sy het die seuntjie glo aan sy voete opgetel en sy kop teen die vloer geslaan. Ten tyde van die voorval was daar glo sestien vroue en vyf kinders, tussen die ouderdomme van vier maande vier jaar oud, in die sel aangehou. Die seuntjie en sy ma word sedert November in die selle aangehou nadat sy vir winkeldiefstal in hegtenis geneem is en nie borgtog kon bekostig nie. Iemand het intussen vir die vrou se borgtog betaal nadat hulle gehoor het wat gebeur het.

Lees meer hier.

BRON: Republikein

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Ina ·

Dit is so tragies maar kon nie 1 van die 15 ander vroue haar keer nie ?? Hoekom het nie 1 van hulle iets gedoen om die kind te help of te keer dat sy dit doen nie en is die nie onmenslik om ‘n kind van daardie ouderdom in ‘n tronk saam met sy/haar na aan te hou nie ?? Iewers moet iemand ondersoek in stel iets is belis nie reg hier nie

Sanet van der Bank ·

OMW!!!!! Almal vra hoekom het niemand haar gekeer nie. Ek vra hoekom het die MA haar nie gekeer nie. En wat maak dit saak wie uit wie se koppie drink. ‘n Kind moes nou daarvoor boet. Ek sê ook kinders hoort nie in ‘n tronksel nie. Dit is so tragies. :'(

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.