Kleuter kritiek na hy in swembad val

ʼn Kleuter is in ʼn kritieke toestand in die hospitaal nadat hy by ʼn huis in Potchefstroom, Noordwes in ʼn swembad geval het.

Vanessa Jackson, woordvoerder van ER24, sê die seuntjie se ouers het hom Vrydagaand buite die huis gaan soek toe hulle hom met sy gesig na onder in die swembad aangetref het. Dit is nie duidelik hoe hy in die swembad beland het of hoe lank hy in die water was voor sy pa hom uitgetrek het nie. Die seuntjie was yskoud en het nie ʼn pols gehad nie. Paramedici is na die toneel ontbied en kon daarin slaag om ʼn pols te kry na hulle die seuntjie behandel het. Die kleuter is na die Johannesburg Garden City-hospitaal geneem vir behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.