Kleuter met pa herenig na ongeluk

Die foto van Saterdag se ongelukstoneel is deur @OF_THE_SOUTH op Twitter gelaai.

ʼn 2-jarige dogtertjie is Dinsdag met haar pa herenig nadat daar aanvanklik gedink is dat beide haar ouers in ʼn ongeluk gesterf het.

Sers. Mario Ness, woordvoerder van die polisie, sê die dogtertjie het Saterdagmiddag ʼn botsing tussen ʼn taxi en ʼn VW Golf oorleef waarin vyf mense dood is. Die meisie is na die ongeluk na ʼn plek van veiligheid geneem aangesien sy nie na die ongeluk enige inligting oor haar ouers aan die polisie kon verskaf nie. Die oorledenes was nog nie geïdentifiseer nie en die polisie het vermoed dat die dogtertjie se ouers in die ongeluk dood is. Ness sê die dogtertjie se pa was egter nie in die taxi ten tyde van die ongeluk nie en die polisie het hom Dinsdag in Katlehong opgespoor waarna hy met sy dogtertjie herenig is. Haar ma is wel in die ongeluk oorlede. Die 36-jarige bestuurder van die VW Golf is na die ongeluk in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur en het Maandag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Elza ·

?????Die 36-jarige bestuurder van die VW Golf is na die ongeluk in hegtenis geneem op aanklag van dronkbestuur en het Maandag in die hof verskyn en is op borgtog vrygelaat.??? DIT IS MOS MOORD!!!!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.