Kleuter se liggaam in motor gevind

SAPS+police+crime+tape+xgold+2012ʼn Driejarige kind van Limpopo, wat Woensdag saam met twee ander kinders verdwyn het, se liggaam is Woensdagaand in ʼn motor in Limpopo gevind.

Lt.kol. Moatshe Ngoepe, ʼn polisiewoordvoerder, het Donderdag gesê die eienaar van die motor het in die Kubjana informele nedersetting in Relela op die kind se liggaam afgekom, waarna hy die polisie ontbied het.

“Die drie kinders het hulself in die motor toegesluit en ure lank gespeel,” het Ngoepe gesê. “Die eienaar het op hulle afgekom toe hy van die werk af teruggekeer het huis toe. Hy het gaan ondersoek instel toe hy sien sy motor se ligte brand.”

Die ander twee kinders is ongedeerd. Dit is nie bekend of die kinders verwant is aan mekaar of aan die eienaar van die motor nie.

“Ons is nog nie seker hoe die kind dood is nie. ʼn Nadoodse ondersoek word gedoen om die oorsaak te bepaal.”

Die polisie ondersoek die saak. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.