Kleuter se lykie in Diepsloot gevind

Argieffoto

Argieffoto

Die liggaam van ʼn kleuter is onder ʼn brug in Diepsloot, noord van Johannesburg, gevind.

Lt.kol. Katlego Mogale, woordvoerder van die polisie, sê die meisie, glo tussen drie en vier jaar oud, se liggaam is Saterdagaand deur ʼn verbyganger gevind. Die brug in Mnandi is sowat 20km weg van die naaste residensiële area. Mogale sê die polisie soek na die kind se ouers aangesien daar nie ‘n saak van ʼn vermiste kind by die Diepsloot-polisiestasie aangemeld is nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.