Kleuter sterf in Kaapstadse brand

Argieffoto

Argieffoto

ʼn Vierjarige kind is dood en 20 mense is dakloos gelaat nadat ʼn brand Sondag in Kaapstad uitgebreek het.

Wilfred Solomons-Johannes, ʼn woordvoerder van die stad se rampbeheersentrum, het Maandag gesê die brand het in die Atlantis informele nedersetting uitgebreek.

“In die stadium vermoed ons dat ʼn inwoner ʼn gaslamp laat val, of ʼn toestel met ʼn oop vlam omgestamp het. Die brand het gou na die ander huise versprei,” het Solomons-Johannes gesê. Die skade van brand word op R36 000 beraam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.