Kleuter sterf na byna-verdrinking

WJ Pike, die kleuter van Bloemfontein wat verlede week byna verdrink het, is in die hospitaal oorlede.

WJ was sedert vir voorval Donderdagoggend in die pediatriese intensiewesorgeenheid in die Mediclinic Bloemfontein. WJ se ouers, Christo en Madelein, se leraar, dr. Johan Nel van die Hervormde Kerk Bloemfontein, het vandag in ‘n e-posnuusbrief aan die gemeente die nuus gebring dat WJ gisteraand oorlede is. WJ word Saterdagoggend ter ruste gelê. Volksblad het vroeër berig dat WJ, wat twee jaar en nege maande oud was, Donderdagoggend in die swembad op sy ouers se hoewe geval het. Sy ouma het hom in die swembad gekry nadat sy glo net vinnig vir sy babasussie ʼn bottel gaan gee het. Dit is nog nie duidelik hoe WJ in die omheinde swembad beland het nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Linda Holmes ·

Ek wil my innige simpatie oordra aan die ouers en my hart gaan ook uit na WJ se ouma. Mag hul berusting vind………….

mina ·

kry die ouers en die ouma jammer dit is baie hartseer o te verwerk sterkte ons bid vir julle

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.