Kleuter sterf in Randburg-botsing

ER24-Gavin-Edwards-@gavine2009-320x212

Argieffoto

ʼn Driejarige seuntjie is dood en sy pa beseer nadat hul voertuig Woensdag teen ʼn ander voertuig in Randburg gebots het.

Volgens Vanessa Jackson, ʼn woordvoerder van ER24, was een van die voertuie besig om by die kruising van Braam Fisher- en Robin Hoodweg in te draai toe dit deur die ander voertuig aan die kant getref is.

Die kleuter was reeds uit die voertuig verwyder toe paramedici by die toneel opgedaag het. Hy is op die toneel dood verklaar. Die pa is na die Helen Joseph-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

Die insittendes van die ander voertuig het nie beserings opgedoen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Rina du Toit ·

shame baie baie sad … kan myself nie indink nie.

Vir die onthalwe van die pappa se gewete hoop ek maar die klein mannetjie was vas gemaak in sy kar-stoeltjie, waar ‘n 3-jarige kind hoort.

Carin ·

Foeitog – dis uiters sad. nes Rina hoop ek ook dat die seuntjie in ‘n stoeltjie vasgemaak was.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.