Kleuter sterf toe hulle duiwels wou uitdryf

Die huis waar die ritueel plaasgevind het. Chua Wan Zuen verskyn op die inlasfoto. Foto: www.mummynemo.com

Ses familielede wat ‘n kleuter in Maleisië versmoor het deur haar ure lank vas te druk tydens ‘n vermoedelike duiwelsuitdrywingseremonie is gevonnis, maar sal nie tronkstraf uitdien nie.

Chua Wan Zuen (2) is in Augustus 2012 dood nadat agt mense, insluitend haar ouers, haar onder ‘n kombers vasgedruk het. Hulle het glo gepoog om duiwels uit te dryf.

‘n Distrikshof in Penang het die meisie se ouers, oom, tannie en ouma elk met 10 000 ringgit (ongeveer R30 000 elk) beboet nadat hulle skuldig gepleit het op Chua se dood deur nalatigheid, het The Star Saterdag berig.

Haar 21-jarige nefie is met 5 000 ringgit beboet en ‘n 16-jarige nefie is vir ‘n proeftydperk vrygelaat.

Sewe mense het oorspronklik onskuldig gepleit, maar deur die verloop van die hofsaak het hulle erken dat hulle die misdaad by hul huis gepleeg het.

‘n Huishulp, wat glo tydens die ritueel by die sewe mense aangesluit het, is nie aangekla nie en het teen die Chinese familie getuig.

Die ouers is elk ook met ‘n verdere 5 000 ringgit beboet op ‘n tweede aanklag dat hulle hul dogtertjie aan fisiese skade blootgestel het. Die misdaad kan tot 10 jaar tronkstraf lei, terwyl nalatigheid wat tot die dood lei ‘n vonnis van twee jaar tronkstraf kan dra. Indien die familie nie die boetes betaal nie, kan die ouers tot sewe maande tronkstraf gevonnis word en die ander familielede kan korter vonnisse opgelê word.

Beamptes en prokureurs was Saterdag nie beskikbaar vir kommentaar nie.

Maleisië is hoofsaaklik ‘n Moslem-land, maar het talle nie-Moslem etniese Chinese en Indiese minderhede. Dit is ‘n algemene gebruik in Maleisië om die hulp van ‘n geloofsheler in te roep, maar gewelddadige rituele is seldsaam.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

HELENA SEABORNE ·

liewe magtig, seker omdat sy i meisiekind is. hulle word ms in die gutters gegooi im dood te gn. klink eerder of die volwassenes vol duiwels is. dis skokkend. sy is in elk geval baie beter af daar waar sy nou is. met sulke ouers sal ek ok eerder wil dood wees.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.