Kleuter tuimel na haar dood

ʼn Tweejarige kleuter is Dinsdag dood nadat sy van die derde verdieping van ʼn woonstelblok in Johannesburg geval het.

ʼn Man het ook geval in ʼn desperate poging om die kind, Olivia Said, te vang, berig The Star. Die voorval het by ʼn woonstelblok op die hoek van Von Brandis- en Jeppestraat in die middestad plaasgevind.

Olivia se ma, Miriam George, was besig om klere in ʼn nabygeleë waskamer te was. Olivia was in die sorg van die man gelaat. Die man, ʼn familielid, was glo besig om tee te maak toe Olivia by die woonsteleenheid se venster uitgeklouter het. Die man het vermoedelik gesien hoe Olivia deur die venster klim en in ʼn poging om haar te red, het hy ook geval. Olivia het op die sypaadjie in Jeppestraat geland en die man op ʼn voertuig wat langs die pad parkeer was.

Olivia is op die toneel dood. Die man is na ʼn nabygeleë hospitaal geneem waar hy behandel word vir inwendige- en kopbeserings. Olivia se ouers is getraumatiseerd weens die voorval.

Die polisie het die voorval bevestig.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.