Kleuters dood nadat hulle “suiker” inkry

Twee kleuters is oor die naweek in Kaapstad dood nadat hulle gif, wat vir suiker aangesien is, ingekry het, het die Cape Times Maandag berig.

Zanele Jwaqwa (35) het Saterdagoggend glo pap voorberei vir haar twee-jarige seun, Lukhanyo, en een-jarige familielid, Samkelo Lwane. Jwaqwa het die inhoud van die sakkies, wat sy vir suiker aangesien het, oor die pap gegooi. Sy het die “suiker” glo by ʼn buurvrou, Nombemu Mkhosi, geleen.

“Sy het ʼn lepelvol in elke bakkie uitgegooi en die kinders het omtrent die helfte van die pap opgeëet,” het haar jonger broer, Zakhekile, aan die Cape Times gesê. “Lukhanyo het later buite gaan speel, maar na ʼn paar minute weer in die huis ingekom en gesê hy wil slaap.”

Volgens die Cape Times het die kinders begin bewe en skuim het by hul monde uitgekom. Hulle is kort daarna in die hospitaal oorlede.

Mkhosi, wat die nagskof by ʼn skoonmaakmaatskappy werk, het glo aan die koerant gesê sy het ʼn handvol van die sakkies van die werk af huis toe geneem, omdat sy onder die indruk was dat dit suiker of sout moet wees. “Dit was wit en daar het buite op die sakkie gestaan mens moet dit meng voordat jy dit gebruik,” het sy gesê.

Die polisie sal ʼn geregtelike doodsondersoek doen.

In April is een kleuter van Kaapstad dood en sewe in die hospitaal opgeneem nadat hulle glo ook ‘n chemiese middel, wat vir suiker aangesien is, ingekry het. Klik hier om meer te lees.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Wena catherina Coetzee ·

Sien wat kom van steel…….Om goed weg te dra van jou werk af is niks anders as steel nie……..

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.