Die liggame van drie kinders is in ‘n ongebruikte yskas in Atamelang in Noordwes gevind.
Sers. Kealeboga Molale, woordvoerder van die polisie, sê die drie kinders, tussen drie en vyf jaar oud, is Donderdag die laaste keer lewend gesien terwyl hulle buite gespeel het. “Die kinders se ouers en gemeenskapslede het na die kinders gesoek maar sonder sukses.” Molale sê een van die kinders se oupa het Vrydag op die kinders se liggame in die yskas afgekom. Niemand is nog in hegtenis geneem in verband met die voorval nie. Dit is nie bekend gemaak of die kinders versmoor het en of daar vuilspel vermoed word nie.
ag nee man dis n siek land die
Sal nie verbaas wees as hulle verkrag is nie. Dis n siek lot want ek sou oral grsoek het.die mense het gesoek om nie te kry nie.
Watter regdenkende mens los n yskas buite waar kinders speel? Enigeen weet mos kinders lief dit om weg te kruip in sulke ongebruikte goed. Moontlik is daar “gehoop” niemand sal in die yskas gaan soek nie omrede dit dalk moord op die kinders was, moontlik ook erge dade met hul gepleeg!
Het al van heelwat gevalle gehoor van waar kinders gespeel het en in ou yskaste versmoor het. Baie gevaarlike goed en hoort op die skrootwerf en nie in mense se erwe nie.
Indien daar misdaad betrokke was hoop ek hulle vang die goed gou.
Mense, as jy nie n yskas of vreskas gebruik nie, moet die deur af gehaal word! Hier in Amerika s dit n wet. Hoop net hulle het nie gelei nie…wat ookal die oorsaak was!
Ek hoop regtig die ouers kry closure dat dit ‘n nare ongeluk was en die daad van ‘n siek barbaar nie.