Kleuters wat in Pretoria doodbrand, name bekend

Die twee meisies wat vanoggend in ʼn huisbrand in Montana Park, in die noorde van Pretoria, doodgebrand het, se name is bekend gemaak. ʼn Woordvoeder van die Sinoville-polisie het aan Maroela Media gesê Marlene en Shanté Du Toit is die sussies wie in die brand omgekom het. Hulle was 2 en 3 jaar oud.

Volgens Jeffery Wicks, ʼn woordvoerder van Netcare911, het die vuur omstreeks 7:30 Dinsdagoggend by die huis uitgebreek. Met die paramedici en brandweer se aankoms was die huis in ligte laaie.

“Na die brandweer die vuur geblus het, het hulle die perseel deursoek en op die kinders se liggaampies afgekom,” het Wicks gesê.

Johan Pieterse, woordvoerder van die Tshwane-nooddienste, het aan Maroela Media gesê die oorsaak van die brand is nog nie bekend nie en hulle moet eers wag tot die toneel afkoel voor verdere ondersoek kan plaasvind.

Volgens ʼn ooggetuie was die pa nie by die huis nie. Die ma was in die voorhuis doenig terwyl die kinders vermoedelik in hul kamer aan die agterkant van die huis was. Na die brand ontstaan het kon die ma nie by die kinders uitkom nie en het sy hulp ontbied. Sy is later van die toneel verwyder en vir skok behandel.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Yolandi ·

Hulle niem niks van die meisies se ouers of enige iemand wat saam hulle in die huis was nie,weet iemand of hulle dan alleen in die huis was of hoe?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.