Klip in gesig, man kry borg

‘n Vrystaatse betoger wat na bewering vir Isabel Hugo (67) met ʼn klip in die gesig gegooi het tydens ʼn betoging in Clocolan in die Vrystaat, is gister op borgtog vrygelaat.

Kapt. Phumelelo Dlamini, ʼn polisiewoordvoerder, sê Thabiso Ntlororo is gister in die Clocolan-landroshof op borgtog van R500 vrygelaat en die saak is tot 26 September uitgestel. Hugo en haar dogter Elsabe (27) se bakkie is op die 27 Augustus deur die betogers omsingel buite die dorp. Die betogers het die pad met klippe en doringdraad versper en verbygaande motors met klippe gegooi. Hugo is deur die oop ruit met ʼn klip in die gesig gegooi. Sy het haar bewussyn verloor en die bakkie het die pad verlaat en in ʼn veld tot stilstand gekom. Hugo het ernstige kopbeserings opgedoen en is in ʼn koma. Ntlororo word van poging tot moord aangekla. OFM berig intussen dat Hugo Maandagaand ʼn noodbreinoperasie ondergaan het en dat haar toestand kritiek is.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.