
Die voorman bestudeer die skade aan die konstruksie by Chapman’s Peak Foto: Carmel Loggenberg, EWN
Groot klippe en stene het die draadnet laat skeur en ‘n paar van die versterkingspale wat die net in plek hou, is nou sigbaar, berig EWN. Werkers het by ‘n groot gedeelte van die konstruksie aangehou met hul werk, maar die afgesperde gebied lê nou onaangeraak. Die voorman het gesê niemand is beseer toe die klippe Vrydagaand geval het nie. Hy glo ‘n foutlyn in die berg kan moontlik die rede wees waarom die net geskuif het en toe van die stabiliserende pale af weggebreek het.
Dié multimiljoenrandse projek was die afgelope paar maande in die kollig nadat inwoners gepoog het om die omstrede projek te keer. Inwoners beweer die gebied moet as ‘n erfenisterrein beskou word en kan dus nie vir finansiële gewin gebruik word nie.
Die tolplaza sal na verwagting sowat R54 miljoen kos.
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
1 Kommentaar
As jy deur chapmanspeak ry deur die tolplaza en n klip beskadig jou motor kan jy hulle regstreeks verantwoordelik hou, want om tol te vra moet die pad in 100% werkende toestand wees. Toe daar geen tolpad was nie kon niemand verantwoordelik gehou word nie