Klipversperrings op N2-hoofweg neem toe

Polisie in die Wes-Kaap waarsku motoriste wat van die N2-hoofweg gebruik maak om versigtig te wees vir rowers wat versperrings op dié pad plaas.

Die Cape Times berig dat die voorvalle besig is om hand uit te ruk. Pat Curran, van die Wes-Kaap se verkeerspolisie, het aan die koerant gesê dat rowers die pad versper om motoriste te dwing om tot stilstand te kom. Hy het gesê die stuk pad tussen Kaapstad en Plettenbergbaai, word die meeste geteiken. Rowers gebruik glo verskeie groot klippe en betonstukke om die pad te verper. Voertuie wat die klippe tref se bande bars en moet dan van die pad aftrek, waar die motoriste beroof word.

“Ons patrolleer die gebied gereeld, maar weet nooit waar hulle gaan toeslaan nie. Dit is besig om in ʼn nagmerrie te ontaard,” het Curran gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Neville Raymond Geustyn ·

I’m very dissapointed it never happens to me. I’d love to be attacked whilst on the N2. I will defend myself with all the available goodies I have at my disposal. I could not care how many I kill. What right do these people have to attack and kill innocent people. They deserve what they get, it’s called justice by the people and I sanction it. The more the better for other road users.
Don’t get me wrong, I don’t go out looking for trouble, but I know how to handle myself with my available equipment in and on my person. The police or traffic can’t or won’t do anything about it, so it’s left up to good folk like myself to do their jobs, only much less paperwork involved and no comebacks etc.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.