Klopjag op banke se transitomaatskappy

Die militêre polisie het Maandag in Midrand, Gauteng, glo op transitomaatskappy SBV, wat deur Suid-Afrika se vier grootste banke besit word, toegeslaan, berig The Star.

Die polisie het glo beslag gelê op aanvalsgeweerammunisie, wat na bewering by die weermag gesteel is.

Brig. Mathapelo Merriam Mangwane, hoof van die sentrale vuurwapenregister, en brig. Hlamane Elias Mahlabane, hoof van die afdeling wat met vuurwapenlisensies werk, is Sondag sonder betaling geskors. Volgens die koerant het hulle glo omkoopgeld aanvaar en vuurwapenlisensies in ruil daarvoor aan Dave Sheer Guns uitgereik.

Leë patrone en lewendige rondes ammunisie met militêre stempels is glo ook tydens die klopjag opgespoor.

Die Star berig die patrone, wat glo vir R4-gewere gebruik word, is by die weermag gesteel en na bewering aan Dave Sheer Guns verkoop wat dit op sy beurt weer aan SBV verkoop het.

ʼn Voormalige werknemer van die vuurwapenmaatskappy het glo in ʼn beëdigde verklaring aangevoer dat SBV gesteelde militêre toerusting, insluitend ammunisie en koeëlvaste baadjies, aangeskaf het. Die verklaring bevat ook bewerings dat personeellede van Dave Sheer Guns glo kontantbedrae van tussen R20 000 en R250 000 aan die persoon betaal het wat die militêre toerusting verskaf het.

-SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Rudie Thirion ·

Leë patrone? Hoe lyk dit? ‘n “Patroon” is per definisie vol. Dit is ‘n doppie met ‘n slagdoppie, gevul met dryfkruit en met ‘n koeël voor in. Miskien bedoel die arme joernalis leë doppies?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.