Klopjag op dwelmfabriek in Meyerton

meth lab

Argieffoto.

Twee vroue is Dinsdag in hegtens geneem nadat die polisie ʼn klopjag op ʼn dwelmfabriek in Meyerton in die Vaal-driehoek uitgevoer het.

Volgens kapt. Augustinah Selepe, ʼn polisiewoordvoerder, het die polisie het op ʼn wenk reageer. “Die polisie se misdaadintelligensie- en honde-eenheid het omstreeks 16:45 op die perseel toegeslaan,” het Selepe gesê.

Die polisie het beslag gelê op ʼn groot aantal chemikalieë, emmers en flesse wat gebruik is om die dwelms methcathinone (cat) en metamfetamien te vervaardig. Die dwelms het ʼn geraamde straatwaarde van sowat R1 miljoen.

Die twee vroue, onderskeidelik 38 en 41 jaar oud, is op die perseel in hegtenis geneem, en gaan binnekort in die hof verskyn. Volgens Selepe is die dwelmmiddels in ʼn huis, wat aan ʼn bejaarde egpaar behoort wat tans met vakansie in die Kaap is, vervaardig.

Volgens Selepe verwag die polisie om nog persone in hegtenis te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Fanie minne ·

Nie as hulle dwelms vervaardig nie, hulle is van dis selfde stoffasie as die stroopers en moet op die selfde manier behandel word, maak die gemors dood!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.