Klub gee glo ‘n borsvergrotingsoperasie weg

Argieffoto

Tiger Tiger-klubs landwyd en Strawberry Lips Tequila bied aan een vrou die geleentheid om Saterdagaand ‘n R30 000-borsvergrotingsoperasie te wen.

Kim Grieve, Tiger Tiger se bemarkingsbestuurder, het gesê die klubs in Durban, Kaapstad, Fourways en Pretoria sal die “grootste Nasionale Borsgleufiedag-geleentheid” hou, berig die Saturday Star. “Een van ons bemarkingsdames het met die voorstel gekom om ‘n vrou, wat reeds vir haar persoonlike redes besluit het om die operasie te ondergaan, die geleentheid te bied om dit vir Nasionale Borsgleufiedag te kan doen,” het Grieve gesê. “Ons besef dat dit definitief iets is wat in aanvraag is, en kan goed ontvang word deur iemand wat reeds besluit het dat hulle dié prosedure wil ondergaan.”

Volgens die berig moet klubgangers tussen 20:00 en 01:00 Strawberry Lips Tequila drink om ‘n inskrywing in dié promosie te ontvang. Die klub wat die meeste van dié drankies verkoop sal ‘n wenner kan trek uit die inskrywings by die klub. Die wenner sal by die klub aangekondig word en sal haar eie besluite oor die borsvergrotingsoperasie kan maak.

Grieve het bygevoeg dat hulle niemand sal dwing om aan die kompetisie deel te neem óf om die operasie te ondergaan nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Sankie ·

Wat sal ek in my lewe gee om n mama-reduksie-operasie te kan he. 38 jaar gelede is my masiewe tweeling kleiner gemaak, maar agv langdurige hormoonvervangingsterapie het hulle weer gegroei en gesak tot n 42dd. Mediese fonds weier vir herstel. Ek is kort en rond en dit tel teen my, maar die gewig aan my nek en skouers en rug bly tog dieselfde?! My oorlrde moeder se borste het elkeen 7pd geweeg en haar moeder s,n seker dieselfde en toe kom ek!! O lala. Kon mamma se tweelingsussie gewees het as daar nie 42 jaar verloop het nie. Dis swaar sowaar, maar swaar sal jy kry!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.