Kluis verdwyn uit polisiestasie

ʼn Kluis is uit die kantoor waar bewysstukke gehou word in die Alberton-polisiestasie gesteel.

Lt. kol. Lungelo Dlamini, woordvoerder van die polisie, sê die klerk wat in beheer is van bewysstukke het Vrydagoggend agtergekom die kluis is uit die kantoor gesteel toe hy by sy kantoor gekom het. Dlamini sê die kluis is Donderdagaand of Vrydagoggend vroeg gesteel. Hy sê die deur en die veiligheidshekke van die kantoor is oopgebreek. “Die kluis is uit die kantoor gesleep en gesteel. Dit is nog nie duidelik watter tipe motor deur die diewe gebruik is om die kluis te verwyder nie maar dit sal moontlik nie in ʼn gewone motor pas nie.” Dlamini sê daar is nog nie vasgestel wat alles in die kluis was nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Anton ·

Ja, hulle het seker lekker geslaap, hulle het mos klaar werk toe gekom ons kan tog nie verwag hulle moet nog werk nie? Joke of the month, seker een of ander cop wat betrokke was wat geweet het waar die kluis is.

Gawie Botha ·

Ek vertrou dat die polisie nie vergeet het om die polisie te kontak,,,en om die misdaad te rapporteer,,,,,,,,,,nou kan hulle self ondervind,,,,,hoe swak die saak ondersoek sal word,,,,,,,,,,,Ha! ha! ha!Ha!,,,,,hoe vertel n mens nou so n storie oor,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,,nogtans dit het gebeur!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.