Knyp of betaal

Werkers van ʼn fabriek in Kaapstad sê dit is stank vir dank dat daar glo geld van hul salarisse afgetrek word as hulle vir langer as 12 minute badkamer toe gaan.

Die Daily Voice berig die fabriek, Capewell Springs in Epping, se werkers voel dié optrede is onredelik.

“Dit is ʼn skending van ons menseregte. Twee weke gelede is daar geld van my lone afgetrek en toegeskryf as ‘verlore tyd’,” het Keith Hector (40) aan die koerant gesê.

Sy salarisstrokie toon daar is R40 afgetrek met die beskrywing “LOST” daarby.

Dulon Beneke (39), ʼn vakbondverteenwoordiger by die fabriek, het gesê dit was vir hom beter gewees om siekverlof te neem toe hy ʼn maagvirus opgedoen het as om te werk, al kon hy gewerk het. “Ek kon dit net nie bekostig om gedurig badkamer toe te gaan nie,” het hy gesê.

ʼn Beampte van die departement van arbeid het aan die koerant gesê die arbeidswet gaan verskaf nie besonderhede oor badkamerbreke nie, maar verwag darem dat werkgewers billik moet wees.

Graham Montgomery, die fabriek se direkteur, het geweier om kommentaar te lewer.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.