‘n Skool in Knysna se adjunkhoof is in hegtenis geneem nadat hy glo ʼn 12-jarige meisie seksueel aangerand het.
Kapt. Malcolm Pojie, ʼn polisiewoordvoerder van die Wes-Kaap, het Donderdag gesê die man is Woensdagaand in hegtenis geneem nadat die meisie se ma ʼn klag by die polisie aanhangig gemaak het.
“Die meisie en ʼn ander leerling is glo Maandag, tydens skoolure, deur die adjunkhoof ingeroep om te help met die verspreiding van omsendbriewe,” het Pojie gesê.
Die adjunkhoof het glo die meisie gemolesteer nadat die ander leerling hulle verlaat het.
“Die hoof van die skool het hom op heterdaad betrap.”
Die hoof het die dogter se ma van die voorval ingelig waarna sy die saak by die polisie aangemeld het.
Die man sal na verwagting Vrydag in die Knysna-landdroshof verskyn op ʼn aanklag van seksuele aanranding. Die ondersoekbeampte gaan tydens die adjunkhoof se eerste hof verskyning borgtog teenstaan.
Absoluut skokkend,hoeveel nog.
hoe lank het dit aangegaan? was sy dalk te bang om iets vroeer te se?