Knysna-adjunkhoof verskyn oor verkragting

skool 2‘n Adjunkhoof van ‘n skool wat glo ‘n 12-jarige dogter verkrag het, is Dinsdag in die Knysna-landdroshof op borg vrygelaat, het die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) gesê.

Eric Ntabazalila, woordvoerder van die Wes-Kaapse NVG, het gesê die borg van R4 000 is toegeken op voorwaarde dat die man daagliks by die Grootbrak-polisiestasie moet aanmeld. Die man mag ook nie kontak maak met die dogter of enige van die getuies nie en hy mag nie die Knysna-gebied betree tensy hy in die hof moet verskyn nie.

Die saak is tot 30 Oktober uitgestel vir verdere ondersoek.

Die adjunkhoof is twee weke gelede in hegtenis geneem. Ntabazalila sê die dogter is na ‘n klaskamer geroep waar sy glo onsedelik betas is. “Die skoolhoof het die adjunkhoof betrap en die voorval by die polisie aangemeld,” het Ntabazalila gesê.

Lees ook:
Knysna adjunkhoof vas vir seksuele aanranding

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Trippie ·

Ek is WOEDEND, hoekom kry verkragters en moordenaars borgtog ? Ja, ek weet dis hierdie patetiese regstelsel wat ruimte maak daarvoor.

Hou die drek weg van ENIGE kind.

Ek is steeds van mening dat die doodstraf die enigste oplossing is vir hierdie dreksels.

Seg Net ·

En so faal die regstelsel weer die mense. Die reg van ‘n verkragter word hoër geskat as die reg van kinders. Hy word verbied om met daardie kind in verbinding te tre, maar wat van al die ander kinders. Waarom, hoekom onbeantwoorde vrae.

SwartMag was ek en het julle reaksie hier en op Praag getoets. Was nie bedoel om iemand te na te kom nie en indien ek wel vra ek verskoning. Moet net bysê dat Maroela meer toelaat as Praag. Op Praag is ek baie gou verban.

Seg Net ·

Jasper ek het so iets verwag. Die reaksie hier en op Praag was oorweldigend. Kom ek seg jou dat ek agter gekom het is dat ons as Afrikaners mekaar ondersteun. So ‘n bietjie humor in vandag se dae is goed en die wat dit nie so sen nie, vra ek weer verskoning. Die met kritiek kan dit maar lewer ek kan dit vat. Ek het dit op Praag ook geseg. Die lewe is ‘n lied en leef dit elke dag ten volle uit. Geniet julle Woensdag.

Trippie ·

√ – “I like” – kompliment vir jou “post” Jasper.

Seg Net – die lewe is inderdaad ‘n lied (♪ ♫ ♫ ♪) – net so hier en daar ‘n vals noot !

***

Dankie – selfde vir jou en al ons vriende.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.