Kobra pik boekhouer in gesig

Argieffoto

ʼn Boekhouer van Kempton Park is in die hospitaal nadat hy oor die naweek in die Pilanesberg-natuurreservaat deur ʼn kobra gepik is terwyl hy geslaap het.

Werner Bronkhorst (25) het wakker geword met geweldige pyn in sy linkeroog. Hy het daarna ʼn gesis gehoor en agtergekom ʼn slang het hom gepik, berig Beeld.

“My instinkte het vir my gesê dit is ʼn slang. Die slang het my weer in my oog gepik. Ek het dit gegryp en na ʼn kant toe gegooi. Ek het bloed oor my gesig voel loop,” het hy gesê.

Bronkhorst het ʼn pakkie sigarette gegryp en gehardloop om hulp te ontbied. “Ek het geweet ek gaan die sigarette nodig hê,” het hy aan Beeld gesê.

Bronkhorst is na die Ferncrest-hospitaal in Rustenburg geneem waar hy aansterk.

Wildbewaarders het die slang gevang en weer in die reservaat vrygelaat.

– Sapa

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.