Kode oranje vir Beijing oor lugbesoedeling

Die Chinese owerhede het ‘n kode oranje – die tweede hoogste waarskuwingsvlak – vir Beijing uitgereik nadat lugbesoedeling in die stad krisisafmetings aangeneem het.

Beijing het 20 miljoen inwoners, en is bekend vir die lugbesoedeling.  Die afgelope vyf dae beleef die stad egter ‘n windstilte en hang daar ‘n vuil kombers oor Beijing. Die lugbesoedeling het nou die vlak bereik wat die kode oranje genoodsaak het. Onder die maatreëls is dat die owerheid se voertuigpoel voorlopig vir amptenare verbied word en dat skole in verskeie dele van die stad hul buitelugaktiwiteite tot Woensdag moes opskort. Verskeie fabrieke is ook gelas om die vlakke van vuil uitlaatgasse te verminder, en ‘n aantal, soos die Suid-Koreaanse motorvervaardiger Hyundai, moes produksie heeltemal opskort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.