Koei op hoofweg dood gery

Foto: ER24

ʼn Persoon is ernstig beseer en ʼn koei dood na die koei Woensdagaand ‘n kettingbotsing tussen vier voertuie op die N3-hoofweg veroorsaak het.

Volgens ER24 het paramedici met hul aankoms twee ligte voertuie, ʼn bakkie en die koei in die regterbaan van die hoofweg naby die BP Oasis in Hammersdale, Kwazulu-Natal, gevind. Die vierde voertuig, ook ʼn bakkie, was aan die ander kant van die pad. Al vier die voertuie is in die botsing beskadig.

Na wat verneem word, het die koei op die snelweg gedwaal en die botsing veroorsaak. ʼn Bestuurder van ʼn ligte voertuig is op die toneel behandel en na die Hillcrest-hospitaal vervoer. Daar word vermoed hy het rug en nekbeserings opgedoen.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.