Koerant vra verskoning vir “dronk” hoofartikel van 1863

LincolnHoofartikelskrywers wat dalk te diep in die bottel gekyk het “soos wat destyds algemeen onder joernaliste was” het hul koerant ‘n eeu en ‘n half later om verskoning vir daardie hoofartikel laat vra.

Die Patriot News van Harrisburg, Pennsilvanië het ‘n verskoning gepubliseer vir ‘n hoofartikel wat in 1863 kort na die slag van Harrisburg tydens die Amerikaanse Burgeroorlog gepubliseer is.

In die hoofartikel is ‘n toespraak van pres. Abraham Lincoln as een van dwase opmerkings beskryf.

Dié toespraak wat Lincoln op 24 November 1863 by ‘n begraafplaas in Gettysburg gelewer het, word algemeen as een van die beste toesprake ooit beskou. Dit het gestraal van besielendheid na die oorwinning by Gettysburg, wat as keerpunt van die oorlog beskou is.

In die verskoning word gemeen dat die skrywers destyds ‘n misplaaste siening gehad deurdat hulle dalk deur Lincoln se teenstanders beïnvloed kon wees, of dat hulle dalk beskonke was soos destyds “algemeen onder joernaliste” voorgekom het.

In dié toespraak het Lincoln onder meer die volgende woorde geuiter: “The world will little note, nor long remember what we say here, but it can never forget what they did here.” Hierop reageer die Bostonian soos volg: “”The world noted at once what he said, and will never cease to remember it. The battle itself was less important than the speech.”

En 150 jaar later is die Bostonian reg bewys.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

Jasper ·

Ongelukkig sal Naspers oor 150 jaar nie meer bestaan om verskoning te maak vir die ontkenning van die Volksmoord wat tans aan die gang is nie.

magda botha ·

Ek hou van die berigte en julle voorwaardes wat julle stel. Stem eenhonderd % saam

AmY ·

Ek stem saam jou Jasper. Maar ek sien die verkopies van die koerante het gedaal. So hulle sal dalk nie 150 jaar wag om ‘sorry’ te sê nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.