Koerantberig lei tot vrou se inhegtenisneming

‘n Koerantberig oor die polisie wat ‘n vrou in die Oos-Kaap help geboorte geskenk het, het daartoe gelei dat die ma Vrydag vir ‘n agt jaaroue moord in hegtenis geneem is.

“Die 32-jarige vrou het glo Busisa Ntwanambi (22) op Kersdag in 2005 by die Yako informele nedersetting buite Butterworth vermoor,” het kapt. Jackson Manatha, woordvoerder van die polisie, gesê. Die twee vroue het glo oor ‘n man baklei. “Die slagoffer is op die toneel dood en die aanvaller is weg voordat die polisie opgedaag het.”

Die ondersoekbeampte van die moordsaak het Donderdag egter ‘n koerantberig gelees oor ‘n vrou wat by die Philippi-Oos-polisiestasie in Kaapstad geboorte geskenk het. Polisiebeamptes moes haar met die geboorte bystaan. “Die adjudant offisier het die identiteit van sy verdagte onthou en dadelik sy eweknieë in Kaapstad gekontak wat toe die vrou in hegtenis geneem het.” Die vrou is Vrydagoggend in hegtenis geneem en sal Maandag in die Butterworth-landdroshof verskyn op aanklag van moord.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.