Koerantverkoper fnuik glo ontsnappingspoging

Die foto wys 'n 'n stuk oranje uniform wat die gevanges glo gebruik het om oor die muur te klim. Foto: Barry Bateman/EWN

Bongani Moyo, destyds een van die land se mees gesoekte bankrowers, was glo een van die gevangenes wat Woensdagoggend uit Pretoria Sentraal gevangenis probeer ontsnap het.

EWN berig dat ʼn op-en-wakker koerantverkoper wat voor die tronk gestaan het moontlik hulle ontsnapping gefnuik het. Die koerantverkoper sê hy het gesien hoe ʼn groep gevangenes op die tronk se muur staan en van hulle uniforms gebruik maak om teen die muur te probeer afklim. Een van die gevangenes kon glo daarin slaag om oor al die mure te klim en is glo sowat 50m van die tronk weer in hegtenis geneem. Die ander gevangenes is glo in die tronkgronde voorgekeer. Dit is nog nie duidelik of van die gevangenes wel daarin kon slaag om te ontsnap nie. Moyo het in Augustus verlede jaar uit die Pretoria landdroshof ontsnap waar hy tereg gestaan het op verskeie aanklagte wat verband hou met bankrowe. Hy is drie weke later weer in hegtenis geneem. Dit was sy derde ontsnapping. Dit was sy derde ontsnapping. ʼn Woordvoerder van korrektiewe dienste, Promise Khumalo, was nie onmiddelik beskikbaar vir kommentaar nie aangesien die nasionale kommissaris van korrektiewe dienste, Tom Moyane, op die toneel opgedaag het.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.