Koerantverkoper kry toekenning vir dapperheid

Die foto wys ‘n ‘n stuk oranje uniform wat die gevanges glo gebruik het om oor die muur te klim. Foto: Barry Bateman/EWN

ʼn Koerantverkoper het ʼn toekenning vir dapperheid van die departement van verdediging ontvang nadat hy gehelp het om drie gevangenes wat probeer ontsnap het voor te keer.

Aaron Mkahru het in Maart verlede jaar voor die Pretoria Sentraal gevangenis koerante verkoop toe hy gesien het hoe ʼn groep gevangenes op die tronk se muur staan en van hulle uniforms gebruik maak om teen die muur te probeer afklim. Mkahru het alarm gemaak en die drie gevangenes is weer in hegtenis geneem. Sibusiso Ndebele, minister van korrektiewe dienste, het Mkahru geloof vir sy dapperheid.

Bongani Moyo, destyds een van die land se mees gesoekte bankrowers, was een van die gevangenes wat probeer ontsnap het. Dit was sy derde ontsnappingspoging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Gawie Botha ·

,,,,,,,,,,,,,,,,,dis n skande om te erken dat n koerantverkoper,meer oplettend is ,,,as die hele gevangenis personeel !!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.