Koerantverkopers erf elk R25 000

20120427-163626.jpg

Ishmael Thebe Foto: Beeld

Twee koerantverkopers het elk R25 000 geërf by die weduwee wie se koerante hulle afgelewer het.

Beeld berig dat die twee broers, Ishmael en Samuel Thebe het vir sewe jaar lank die Volksblad by Annette Dubovsky (91) se huis afgelewer. Sy is op 28 Maart aan ‘n hartaanval oorlede. “Sy het ons gereeld ingenooi en ons het oor ons drome en probleme gesels,” het Ishmael gesê. “Ons is baie dankbaar. Mev. Dubovsky was baie goed vir ons.” Volgens Ishmael het sy broer daarvan gedroom om ‘n dokter te word, maar hulle het nie genoeg geld gehad nie. Hy is verskeie kere as Volksblad se afleweraar van die jaar aangewys. Hy lewer nie meer koerante af nie, aangesien sy motorfiets te veel probleme gegee het. Samuel gaan nou probeer om medies te studeer.

Lees die oorspronklike artikel hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.