Kofi Annan bedank as vredeagent vir Sirië

Kofi Annan, die Verenigde Nasies (VN) se hoofonderhandelaar in Sirië, het aangekondig dat hy gaan bedank.

Annan tree die einde van Augustus uit die amp van die VN se Arabiese bond as vredeagent vir Sirië, midde ʼn 17-maandeoue volskaalse burgeroorlog.

Generaal Ban Ki-moon, die VN se sekretaris, het Donderdag dié aankondiging gemaak. “Annan het ons meegedeel dat hy nie sy mandaat gaan hernu wanneer dit op 31 Augustus verval nie,” het Ki-moon gesê. “Annan verdien ons lof vir die onbaatsugtige wyse waarop hy moeilike en ondankbare opdragte met formidabele vaardighede uitgevoer het,” het hy gesê.

Annan het aan media gesê onenigheid in die VN en militarisering op Siriese grond het omstandighede vir sy suksesvolle bemiddeling verander.

Nabil Elaraby, hoofsekretarisgeneraal van die Arabiese bond, is in besprekings om ʼn opvolger vir Annan aan te wys.

Klik hier om meer oor die konflik in Sirië te lees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.