Kokaïen en tonne dagga in “super tonnel” opgespoor

Foto van 'n soortgelyke tonnel wat in die verlede al ontdek is

Foto van ‘n soortgelyke tonnel wat in die verlede al ontdek is

Drie vermeende dwelmsmokkelaars van ʼn Meksikaanse kartel is Donderdag in hegtenis geneem nadat ʼn uitgebreide smokkeltonnel tussen Tijuana en San Diego in Amerika ontdek is.

Lede van die tonneltaakspan in San Diego het die tonnel Woensdag ontdek. Hulle het beslag gelê op bykans 150 kg kokaïen en meer as 8 ton dagga, berig SanDiego6.

Die tonnel wat met elektrisiteit, ventilasie en ʼn spoorwegstelsel toegerus is het toegangspunte in Baja, Kalifornië en ʼn nywerheidsgebied in San Diego.
Dit is die derde “super tonnel” van sy soort wat die afgelope drie jaar in die gebied ontdek is.
“As die dwelmsmokkelaars hulle gaan bou, gaan ons dit opspoor,” het Laura Duffy, staatsaanklaer vir die suidelike distrik van Kalifornië, gesê. “En as ons dit opspoor, gaan ons dit vernietig.”

Dwelmsmokkelaars het moontlik jare lank en miljoene dollar tevergeefs spandeer aan die tonnel. “Maar hulle sal dit weer doen,” het Duffy bygevoeg.

Lees ook:
Dwelmtonnel ontdek

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.