ʼn Swart sak met 25 pakkies, moontlik vol kokaïen, is by Hartenbos in Mosselbaai opgespoor, het die Wes-Kaapse polisie Vrydag gesê.
“ʼn Lewensredder het op Kersdag omstreeks 16:40 ʼn swart sak in die water naby Hartenbos-strand gesien,” het kapt. Bernadine Steyn, woordvoerder van die polisie, gesê. “Die sak was aan ʼn tou vasgemaak wat aan iets anders vas was. Daar was 25 pakkies in die sak wat elk moontlik kokaïen bevat.”
Elke pakkie weeg net meer as 1 kg en indien dit wel kokaïen is, is die geraamde straatwaarde ongeveer R8 miljoen.
“Die pakkies word na ʼn laboratorium geneem om getoets te word,” het Steyn gesê.
‘….opgespoor’.. ???
Nie miskien ‘gevind’ ? Of is daarvoor gesoek?
En waaraan was die tou?