Kokende badwater brand seuntjie

Foto: ER24

ʼn 3-jarige seuntjie het brandwonde aan sy arms, bene, maag en rug opgedoen nadat hy Maandagmiddag in ʼn bad kokende water geklim het.

Volgens paramedici van ER24 het die voorval Maandagmiddag by ʼn huis in Sebokeng in die Vaaldriehoek plaasgevind. Die seuntjie het glo in die bad kokende water geklim sonder dat ander mense in die huis agter gekom het. Die seuntjie se tannie het hom uit die badwater gehaal nadat sy gehoor het hoe hy skree. Paramedici is na die huis ontbied en het die seuntjie, wat se lyf vol blase was, per helikopter na die Garden City-hospitaal geneem vir verdere behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.