Kollektief vir Demokrasie nié ‘n koalisie

Mosiuoa Lekota

Mosiuoa Lekota

Die Kollektief vir Demokrasie (CD)-ooreenkoms wat Woensdag deur verskeie politieke partye met parlementêre verteenwoordiging onderteken is, is glo nie ʼn koalisie nie.

“In teenstelling met verskeie mediaberigte, is die ooreenkoms nie ʼn koalisie nie en dit verteenwoordig ook nie die totstandkoming van ʼn nuwe party nie,” het Mosioua Lekota, parlementêre leier vir Cope, gesê. “Dit is ʼn ooreenkoms vir samewerking.”

Lekota is die voorsitter vir die Kollektief vir Demokrasie.

Lekota sê elke party behou sy identiteit en strukture en die partye sal onafhanklik veldtogte van stapel stuur voor volgende jaar se algemene verkiesing.

“Die ooreenkoms is ʼn verbintenis dat, indien ons gesamentlik met genoeg stemme op nasionale en provinsiale ʼn meerderheid inwin, sal ʼn regering, wat deur die CD gevorm is, sekere kwessies, waaroor daar ooreengekom is, prioritiseer.”

Die ooreenkoms is ʼn gids van hoe ʼn moontlike regering, wat uit die lede van die CD sal bestaan, sal prioritiseer, sê Lekota. “Voor die uitslag van die verkiesing moet en kan die ooreenkoms nie as ʼn voorloper vir enige ander moontlikheid beskou word nie.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Danie ·

Op hierdie webwerf is aangekondig dat n koalisie gevorm is,kyk maar self.Daar is gese die IVP is deel daarvan,hulle se dit is nie so nie.Nou se Lekota dit is nie n koalisie nie.Die hele spulletjie val uitmekaar nog voordat dit begin het.Daar is geen manier dat hulle bymekaar gaan bly nie.COPE ,met as sy vertrekpunt die freedom charter,en die VF+,wie se ondersteuners verlang na die goeie dae van apartheid,in een koalisie sal nooit werk nie.n Mens kan net saambring wie uit innerlike oortuiging saamhoort,en hierdie groepering,wat jy dit ook al wil noem,hoort nie saam uit innerlike oortuiging nie.Die VF+ gaan COPE in elk geval aftrek ondertoe,want COPE se teikenmark is meestal swart,en die ANC sal COPE kan aanval deur te se dat hy in koalisie is met n eksklsiewe wit party wat apartheid wil terugbring.

Iemand ·

Danie ek glo nie dit wat jy hier gesê het, het jy deur dink nie. Kan daar ‘n koalisie wees indien daar nog nie ‘n verkiesing is in die ware sin van die woord nie?
Die VF+ het dit ook onomwonde gestel dat hulle vir die minderheid partye staan en nie vir, soos jy dit stel apartheid terug bring nie. Al regering wat al die mense van die land kan en sal regverdig bestuur is indien dit verteenwoordigend is van al die mense van die land, met ander woorde ‘n koalisie regering.
Dit is ook net ‘n koalisie regering wat die ANC uit die stoel gelig sal kry onder die huidige omstandighede.

Danie ·

Iemand,die VF+ soek net die steun van wit Afrikaners,nie minderhede nie,moenie hul propaganda so goedsmoeds opeet nie.As hulle die steun van minderhede gesoek het,sou hulle stemwerwing onder bruin mense en Indiers gedoen het,hulle is ook mos minderhede.Die VF+ is n party wat in die verlede leef,en terugverlang na apartheid,dit is n voortsetting van die ou KP.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.