Kom hou fliekpiekniek saam met Maroela en Jak de Priester

Jak de Priester (Foto verskaf)

Maroela Media nooi jou na ons fliekpiekniek: kom sprei jou kombers, geniet die heerlikste happies, geniet die musiek van Jak de Priester en kyk twee van die mooiste Afrikaanse flieks saam met ons. Daar is ook ʼn veilige speelplek vir kinders.

Ons is opgewonde dat Jak de Priester as kunstenaar by ons aansluit vir musiekvermaak voor die twee flieks.

Bespreek dus sommer nou al jou piekniekplek by Monte De Dios in die ooste van Pretoria vir Maroela se fliekpiekniek op 17 Oktober 2020. Kom geniet ligte musiek en vermaak vanaf 15:00. Die eerste fliek, Dominee Tienie, word om 17:00 vertoon. Katinka Heyns se immergewilde Die storie van Klara Viljee is om 19:00 te sien.

koop jou piekniekplek

Monte De Dios se restaurant, Cara Bella, gaan seker maak dat niemand honger ly nie. Op hul spyskaart is burgers, boereworsrolle, skyfies, melkskommels en nog vele meer. Die lekkerste wyn en jenewer word ook te koop aangebied.

Bring oupa, ouma, die kinders, familie en vriende – dis tyd dat ons weer saam rinkink!

Met ons gasheer Luan Jacobs, wat die rol van die predikantseun in Dominee Tienie vertolk, kan jy ligte musiekvermaak deur Kirsten en die nuweling Jemma kom geniet voor Jak de Priester om omstreeks 15:30 die verhoog betree.

Dominee Tienie (10-12 PG) word om 17:00 op die silwerskerm vertoon. Bekroonde akteur Frank Opperman is in die hoofrol te sien met net soveel oortuiging as wat hy dié rol in die gelyknamige eenmanvertoning, wat deur Dana Snyman geskryf is, op die verhoog vertolk het. Die rolprent vertel die storie van ʼn predikant wat sy selfvertroue moet terugkry as hy weer die ligstraal wil wees wat hy eens op ʼn tyd vir almal om hom was.

Die storie van Klara Viljee

Om 19:00 kan jy gereed skuif vir Katinka Heyns se Die storie van Klara Viljee (geen ouderdomsbeperking nie). Dié film uitgereik in 1992 met Anna-Mart van der Merwe in die hoofrol. Die fliek speel af in die laat 1950’s in ‘n klein Suid-Kaapse vissersdorpie waar die hoofkarakter sukkel om haarself van haar verlede te bevry. Nadat sy haar pa en verloofde op die see verloor, besluit sy dat sy nooit weer die see wil sien nie, en bou haar huis agter ‘n sandduin.

Kaartjies kos slegs R100 per persoon, R80 vir kinders jonger as 12. Kinders onder 3 is gratis. Jou kaartjie koop jou sitplek in die amfiteater waar daar musiek en twee flieks vertoon sal word.

Kos en drankies moet by die Cara Bella-restaurant gekoop word (ongelukkig mag ons nie enige privaat piekniekmandjies toelaat nie). Wyn en jenewer word ook te koop aangebied.

koop jou piekniekplek

Die program:

monte-de-dios_02.jpg

Speelarea by Cara Bella

  • 14:00 Hekke maak oop
  • 14:45 Musiek deur Jemma en Kirsten
  • 15:30 Musiek en vermaak deur Jak de Priester
  • 17:00 Dominee Tienie (10 – 12 PG)
  • 19:00 Die storie van Klara Viljee (geen ouderdomsbeperking nie)
  • 21:00 Verdaag

Dit is tyd om weer ʼn lekker dag uit saam met familie en vriende te spandeer in ʼn feestelike Afrikaanse omgewing. Koop jou sitplek nou!

*Let wel: Daar sal ten alle tye voldoen word aan Covid-19-regulasies. Die piekniekarea sal ook volgens dié regulasies ingerig word.

Dominee Tienie lokprent:

**Let wel: Die kaartjiehouer vrywaar die organiseerders van enige aanspreeklikheid indien die funksie as gevolg van weersomstandighede of enige ander omstandighede buite die organiseerder se beheer gekanselleer moet word. Indien die vertoning nie kan voortgaan nie, sal ʼn alternatiewe datum bevestig word waarop die kaartjiehouer weer die geleentheid sal kry om die geleentheid by te woon. Die kaartjiehouer is tevrede dat hy of sy nie enige terugbetaling kan verwag indien die funksie vir enige rede buite die organiseerder se beheer, gekanselleer word nie en dat die program vir ʼn alternatiewe datum mag en kan verskil.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

JohanR ·

Dankie MM. Stuur vliegtuig kaartjie asseblief ek bly in Kaapstad. Vir die wat daar uitkom geniet. Na ses maande van onbeholpe regering, het mens ‘n blaas kans nodig!

Androclus ·

Die inperktyd was nodig vir almal se voordeel ,veral vir ons wat nog die voorreg het om dit te kon vryspring,sterkte aan families wat geliefdes in hierdie tydperk van inperking moes afstaan aan die dood.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.