“Kom ons kook vir jou meer geld,” sê skelms

ʼn Vrou in die Oos-Kaap is glo oortuig dat haar kontant sou vermeerder indien sy dit in chemikalieë kook, het die polisie Donderdag gesê.

Twee mans het ʼn taverne-eienaar Woensdag in Tyiweni, Dutywa, genader en vir haar gesê hulle kan haar ryk maak, het kaptein Jackson Manatha gesê. Die mans, onderskeidelik 38 en 45 jaar oud, het haar vir ʼn R10-noot gevra. Sy het een by ʼn familielid geleen en dit aan hulle gegee. “Die verdagtes het glo die geld met sekere chemikalieë gemeng en dit toe gekook,” het hy gesê. Hulle het met drie R10-note teruggekeer, elke met verskillende reeksnommers. Manatha sê die note is toe later as “baie goeie vervalsings” beskryf, en gesê dat “ʼn niksvermoedende persoon nie sou weet dat dit ʼn vervalsde noot is nie”. Die 46-jarige taverne-eienaar is toe aangesê om R1 000 in kontant te trek wat dan gekook sou word om duisende rande te word. “Sy het vermoedelik toe die kontant getrek, maar voordat dit gekook is, is die polisie van dié skelmstreek in kennis gestel,” het Manatha gesê. Die mans is in hegtenis geneem en sal Vrydag in die landdroshof in Dutywa verskyn. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.