Kom sit koppe bymekaar vir Afrikaans

Op 14 Augustus bied die FAK ʼn taalkonferensie aan in samewerking met die Vereniging van Regslui vir Afrikaans (VRA). Die doel van die konferensie is om strategies te besin oor die plek van Afrikaans op vele lewensterreine. Tydens die konferensie word ʼn Afrikaanse taalstrategie bekendgestel, wat opgestel is deur die taalkenner, Professor Jaap Steyn. ʼn Groep Belgiese en Nederlandse studenteleiers wat Suid-Afrika besoek as deel van die Jongereprojek gaan ook die konferensie bywoon.

Lesers wat belangstel om die konferensie by te woon kan ‘n e-pos aan Samantha by [email protected] stuur.

Die FAK hou op 14 Augustus 'n taalkonferensie. Enige iemand wat belang by Afrikaans het, kan die konferensie bywoon.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Robert Friedman ·

…” ʼn Groep Belgiese- en Nederlandse studenteleiers wat Suid-Afrika besoek as deel van die Jongereprojek gaan ook die konferensie bywoon”

Esté Meyer bedoel sekers “‘n groep Vlaamse en Nederlandse studenteleiers…” of wat?

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.