Koma-vrou skenk geboorte aan dogtertjie

Die jong vrou wat vir nagenoeg vier maande in ʼn koma was terwyl sy swanger was, het die week aan ʼn gesonde babadogtertjie geboorte gegee.

Rapport berig dat Didi van der Merwe Dinsdag op 34 weke geboorte gegee het aan Yalinka. Sy is sonder ʼn keisersnee en binne 20 minute gebore en het 2,7kg geweeg. Van der Merwe was op 3 Oktober, tien dae na haar troue, in ‘n grusame motorongeluk. Sy het breinbeserings opgedoen en was sedertien in ʼn semi-koma. Sy was sowat vier maande swanger ten tyde van die ongeluk. Van der Merwe is nou by haar volle bewussyn maar kan nog nie praat nie.

Lees meer hier.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.